Kubiese digpakking

Die opbou van 'n kubiese digpakking
Die verband tussen die stapelrigting (liggaamsdiagonaal) en die kubiese sel

'n Kubiese digpakking is 'n kristallografiese digpakking wat die volgorde ...- A - B - C - A - B - C - ... het

Die simmetrie van 'n eenvoudige metaalrooster wat hierdie digpakking volg is kubies en besit die ruimtegroep Fm3m. Die as wat loodreg is aan die diggepakte lae, vorm die liggaamsdiagonaal van die kubiese eenheidsel. Die lengte van die A - B - C - A as is daarom , waar die eenheidsvektor van die kubiese sel weergee.

Die kubiese sel is vlakgesentreer (fcc: face centered cubic) en daar is talle elemente wat metale is met 'n kristalstruktuur wat uit 'n eenvoudige kubiese digpakking van atome bestaan. In die strukturbericht-klassifikasie word hulle A1-strukture genoem. Van die metale met hierdie struktuur is goud, nikkel, stronsium, ytterbium en koper, wat die argetipe van hierdie struktuur is. Daar is egter ook edelgasse soos argon, neon en xenon wat hierdie struktuur aanneem as hulle by voldoende lae temperature vastestowwe vorm.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search